" . . . die probleem met blote liefdadigheid is dat dit ons op ʼn afstand hou. Dit maak dat ons kyk, maar nie mooi kan sien nie. ʼn Mens kan op ʼn afstand jammer wees, maar dit is wanneer jy naby kom dat empatie in jou hart begin groei en jy regtig begin omgee – en waar jy agterkom dat jy eintlik ook “arm” is en baie het om te leer.
Die armes het nie net die kerk nodig nie, die kerk het ook die armes nodig.
Dit is nie genoeg dat ons net praat oor wat Jesus gedoen het nie. Ons sal dit moet waag om te doen wat Hy gedoen het. God het nie net vir ons iets gestuur om ons gemors hier onder uit te sort nie, Hy het vir ons iemand gestuur om saam met ons te wees. Presence makes the difference . . ." deur Jaco Strydom lees verder