MATLALA 2015 26 Junie - 05 Julie R1300
(R1000 om 'n kind te borg)
Ek gaan nie jok nie, die Matlala-uitreik was seker die hardste wat ek nog OOIT gewerk het, maar die resultate wasTOTAAL die moeite werd! Ek het die mees amazingste mense ontmoet (en vriende om te hou), daar was geenouderdom- of rasgrens nie, ek het ure lank tyd spandeer saam met pastore en leiers wat meer as bereid was om hulle wysheid met my te deel en my te bemoedig. Die plaaslike mense was opgewonde om oor Jesus te hoor en wou nie hê onsmoes terug gaan huitoe nie. Die Hereraak jou oral aan, in die township en in die kampterrein, die Here het sy mag en liefde aan ALMAL op die kamp bekend gemaak. Prys die Here vir ECHO in my lewe.
- Pieter
Dit was vir my so 'n amazing belewenis gewees! Die gevoel van gemeenskap wat ek beleef het op Matlala kan ek nie in woorde besryf nie. Liefde vir jou naaste word ‘n realiteit, oordeel en verdeeldheid val weg. Wat ‘n belewenis om "net te kon wees” sonder voorbehoud. Dit is wonderlik om die verskillende ouderdomme en kultuurgroepe te sien saamwerk, met God as skakel. Die woorde “we can learn most from those the most different from us” was dwarsdeur prakties toegepas. Wanneer ‘n mens se oogklappe afgehaal word is dit onmoontlik om weer dieselfde na die wêreld te kyk. Ek is opgewonde en hoopvol om te sien hoe die liggaam van Christus nuwe grense breek.
- Nadine
Meer as 140 jongmense 10 dae in die boendoes . . .
ʼn Blootstellingsgeleentheid vir jongmense waar hulle leer omgee en dien!
Die uitreik is uniek in die sin dat ʼn groot deel van die uitreikgroep bestaan uit jongemense wat self uit ʼn nood agtergrond kom - jongmense uit ons Echohuise, ʼn skuiling vir straatkinders, ʼn kinderhuis en plaaslike jongmense.
Die idee is om hierdie jongmense te help om self te ontdek dat hulle ook ʼn verskil kan maak. Dat die Jesus-beginsel van “gee maak ʼn mens gelukkiger as ontvang” ook vir hulle geld.
Die eerste naweek word daar gefokus op opleiding en spanbou. Daarna kry jongmense en studente die geleentheid om in een van vele diensspanne te werk.
Wat kort ons nog?
1 - Bouprojekte: sement, sinkplate, grawe, pikke, skoffels . . .
2 - Borge vir 38 jongmense (R1000 per persoon)
3 - Vir ons uitreik na weduwees, bejaardes en ander weerlose mense in die Matlala gemeenskap: komberse, kos, klere, meubels, matrasse . . .
Indien jy ʼn kind wil borg kan jy ʼn internetbetaling doen met verwysing “Matlala”
Bankbesonderhede:
ECHO Jeugontwikkeling
4054416249
ABSA (TJEK)
Tak: 632005