Ek was laat vir kerk
Toe ek oor die grasperk loop hoor ek die mense sing. Ek stap om die hoek en daar op die trap in die oggendson sit God
"Gaan U nie kerk toe nie?" vra ek (dit verbaas my altyd hoe dapper ek is in my drome)
"Nee," sê God "Hulle kom goed reg sonder my"
Later in die droom loop ek hom raak by `n partytjie (uit vrees vir vervolging kan ek nie hier vertel wat daar gebeur het nie)