U is die weg!
Die waarheid is die weg,
na die ewige lewe.
n Lewe saam U.
Daar waar ek eensaam
op n verlate plek was,
het n man gekom,
hy noem homself my broer
maar tog het ek nie een.
Hy is my broer in Jesus Christus
Ons begin n pad stap saam
Hy help my om U in te nooi
Daardie dag was wonderlik.
Ek het U in genooi en,
Het u gekom om te bly.
U het my lewe verryk
met seeninge van ver
wat wag vir ons.
ons moet dit net wil neem
U liefde my God strek,
van die ooste tot
in die verre weste;
tot in die diepste diepte
en tot in die hoogste hemele.
U genade is groot,
Oneindig groot vir ons.
Vir klein en groot,
en ook vir oud en jonk ,
wys U, U barmhartigheid.
Ek dank en loof U
my God en my Heer.
My Rots van veilige vesting.
Ek weet daar is niks
waarvoor ek hoef te vrees nie,
want U is by my,
In U hande is ek veilig.
U is die waarheid en ook die weg.
en ek wil ewig saam U lewe.
Willie,
2009/02/18