Ons Echo gemeenskappe dien as alternatiewe families vir jongmense wat deur hulle ouers en die samelewing aan hulle eie genade oorgelaat is. Die hoërskoolhuise fokus op jongmense bo die ouderdom van 14 omdat daar min instellings is wat bereid is om jongmense in hierdie ouderdomsgroep in te neem. By die EchoHuise kry jongmense in nood die geleentheid om deel te word van 'n nuwe gesin, klaar te maak met skool en te groei tot geestelike volwassenheid en finansiële selfstandigheid.
Echo het ook naskoolhuise vir jongemense uit 'n kindersorg agtergrond tussen die ouderdom 18 en 24. Jongmense in hierdie huise moet of begin werk of studeer. Al ons huise werk op 'n "saamwoon beginsel", wat beteken dat daar ook jongmense woon wat nie noodwendig in nood is nie, maar wat graag 'n verskil wil maak in iemand anders se lewe.
Daar is Echohuise in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad (Isibindi), en ons Echo Plaasprojek is buite Frankfort in die Vrystaat.
"We have houses for youth in need. Every house has its own character and focus. Some focus for example on providing a home to school going teenagers where we supply in all their basic needs (free housing, school, study-help, medical, clothes, food transport extra). Other houses focus on youth from childcare facilities making the jump into adulthood.
Vir meer inligting oor ons huise: Rochelle +27 (72) 149-5879