Augustinus (van die Kaap)

 

 

’n hoer, ja

ma’ sy’s ook my ma

menig’ nag my ook warm gehou

my ook tiet gegee

en nou en dan gelief

 

my ook belieg, jy weet

 

nou sit sy net da’

daai ou geplooide vrou

soos ’n warm prawn:

lekker in die lyfie, ma’ die koppie vol kak