Gedigte/Poems
Wreed
Ek breek my oë
en verloor my sig.
Die wreedste waarheid -
my seer is terug.
Ek klim bome van hoop
en val sonder om te glo.
Eendag is toe nooit,
hoe kom ek tot bo?
Ek krap my vel stukkend,
wens net ek kon bloei.
Om my binnekant te rus
en ophou daarmee stoei.
Ek verf prentjies van waansin
en belowe ek word nie mal.
Soos ek hope siniele goed sê
wat op onopgevoede ore val.
Ek vou my hand reguit
en vryf oor warm lug,
en voel die wreedste gevoel -
my seer is terug.
♥ Tassha