Gedigte/Poems
Skree
ek voeg jou by
ek meng jou rond
ek spoeg jou uit
na die harde grond
ek kyk jou aan
en bely my daad
ek soek vergifnis
want ek is kwaad
ek tel jou op
en stof jou skoon
jy haat my nou
my verdiende loon
ek smeek jou liefde
en verlang na jou
ek soek alles terug
wat ek kan onthou
ek vou jou toe in my hand
en druk jou teen my vlees
ek bid om jou liefde
wat my sal genees
♥ Tassha