Gedigte/Poems
Seën
Ek kyk jou mis,
sien jou nie raak,
en verval my in donkerte
om elke taak.
Jou oë is so moeg
die lewe is so vuil,
en omsingel jou
in swaerkry en huil.
Ek bieg na God
wat my redding bly,
dat jy, asseblief,
genade sal kry.
Om in jou donkerte
‘n lig te skyn,
en ‘n genesing te maak
vir al jou pyn.
Om jou kop te lig
en jou te seën,
as dit so hard
af op jou reën.
♥ Tassha
Vir my pa