Gedigte/Poems
Die kamer
Die sleutel na daai
donker kamer,
aan die suur kant
van my hart,
gesteen met haat
en kwaad gevoelens,
met fondasies
van bitter smart,
sit ek nou in Jou
hande neer,
en ek stap weg na
'n beter deur.
Die sleutel na daai
vuil kamer,
aan die ver kant
van my hart,
wat gebou is in die verlede
maar nog hier plek hou,
en aan die seer huisves gee
en die wonde besmet,
sit ek nou in Jou
hande neer,
en ek stap weg
om oor te probeer.
Die sleutel na daai
donker kamer,
aan die skynheilige
kant van my hart,
wat my keer na beter dinge
en my behou van vrede,
wat my verpes met skuld
en geluk van my vervreem,
sit ek nou in Jou
hande neer,
en ons maak hom oop
vir die laaste keer.
♥ Tassha