Gedigte/Poems
Dit beteken iets
My lipstick smeer oor jou wang
as jy probeer om my soen weg te vryf.
Amper nutteloos.
Dit is wrede tye om jou hart
wat val en breek…
en stukkies spat in my vel in,
wat seer is.
Ek dryf op jou gedagtes.
Jy los my iewers ver,
van jou af,
van myself af,
sodat nie een van ons sal onthou nie.
Maar daar is altyd die tekens.
Soos die drie teelepels suiker,
die trane in jou oë.
Dit sal nie vergeet nie.
Ek het jou te lief,
is wat jy belowe,
is wat ek vir altyd wil glo,
en skadeloos wil aangaan,
soos gesmeerde lipstick aan jou wang.
♥ Tassha