na hy die kind geslaan het

 

na hy die kind geslaan het op die lip

die klein kop oopgekrap het

gekraak het deur die been


toe sy tong uiteindelik ophou skree

hy skielik stil raak

die roggel opraak

sy oë van glad na grof raak


het hy die lyk gesleep

en hom gelos.

om op die hoek van duncanstraat te bedel