• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Waag dit nader en sien beter

Nou die dag ry ek halfvyf die oggend iewers heen. Ek verstom my aan die massa mense wat dié tyd van die oggend langs die pad stap, op pad werk toe.

Hoe vroeg moes hulle opstaan? wonder ek.

Om so vroeg op te staan en soveel moeite te doen om by 'n werk te kom, wat waarskynlik min betaal (anders kon hulle mos vervoer bekostig), sê tog baie oor iemand se karakter.

Daar is meer goeie mense as bose mense, besef ek, al maak die dinge in die nuus my negatief.

Ek het onlangs vir nege dae lank om Zanzibar in Tanzanië geroei. Dit was 'n wonderlike tyd alleen, weg van alles.

Die meeste aande het ek sommer iewers op 'n stand geslaap, deels omdat dit verniet was, deels om naby die natuur te wees, deels omdat daar dikwels nie 'n backpackers naby was nie.

Die see en die mooi natuur het 'n groot indruk op my gelaat, maar daar was nog iets:
Letterlik almal wat ek langs die water ontmoet het was vriendelik en behulpsaam. En dít terwyl ek 'n vreemdeling was - wat toenemend soos 'n boemelaar begin lyk het.

Een oggend word ek wakker in my hangmat langs 'n klein strandjie. Iemand hardloop op en af op die sand, doen opstote, spring op en af en hardloop dan weer. Elke nou en dan loer die jongman in my rigting om te kyk of ek al wakker is.

Sy naam was Bobby. Hy wou dadelik twee dinge weet: Waarheen is ek op pad, en hoe hy kan help.

Terwyl hy my help om my kayak in die water te sit sê hy: “My philosophy in life is that kindness is the most important thing in the world”.

Terwyl ek wegroei dink ek aan die magdom Bobbys wat ek al teëgekom het. Die afgelope tyd oral in Zanzibar, dikwels ver van die luukse toeristeoorde af, maar ook al voorheen in Kenia, Botswana, Mosambiek, Namibië . . . en veral in Suid-Afrika.

Die mense van Afrika het goeie harte, stel belang en help graag.

Dís die reël en nie die uitsondering nie.

Reisigers wat deur Afrika toer sal dikwels hiervan getuig. (Dis eintlik oral in die wêreld so, nie net in Afrika nie)

Misdaad bestaan, en Suid-Afrika se statistiek met betrekking tot geweld is buitengewoon hoog, maar die mense wat boos optree is steeds 'n bitter klein minderheid. Die probleem is dat die uitsonderings van geweld, misdaad en haatspraak die nuus haal.

Met die gevolg dat iemand wat net heeldag op sosiale media sit, nuus lees in die koerant en televisie kyk hierdie waarheid nooit ontdek nie.

Dis soos die Matrix, jy moet dit self beleef om dit te glo.

Miskien is dit waarom Jesus ons roep om, soos hy, “af te kom aarde toe” en nie net vanaf 'n veilige afstand te oordeel nie.

'n Mens moet nader gaan om beter te sien.

 


JacoStrydom/Beeld/Netwerk24/Rubriek/0910/2019

 

 

 

 

ECHO SEEKAMP 2019

Screen_Shot_2019-10-29_at_10.48.16_AM.jpg

 

Ons probeer om een keer 'n jaar met 'n groep jongmense uit ons Echohuise in Pretoria en Johannesburg te kamp by die see - van hulle het nog nooit die see gesien nie. Op die Seekampe word daar gefokus op geestelike groei, groepsbou en saam pret hê as 'n gemeenskap.

Die koste per jongmens beloop R1200 (enige bedrag help) vir 'n 6 dae kamp in die Desember vakansie. Dit sluit in verblyf, kos, vervoer,  swemklere, handoeke . . .  vir die kinders wat dit nie het nie.

Ons benodig nog 48 borge.

 

10367805_10152887408193767_8970921675855981598_n.jpg

Foto van Lassy wat die eerste keer in sy lewe die see sien

 

Bankbesonderhede:

Naam: ECHO Jeugontwikkeling

Rek No: 4054416249

Bank: ABSA (632005)

Tipe: TJEK

   

ECHO Jeugontwikkeling is 'n Nie-winsgewende Maatskappy,

kontak ons indien ons 'n Artikel 18A sertifikaat vir belastingdoeleindes

moet uitreik. Indien jy besluit om iemand te borg stuur asb vir ons 'n epos

na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en dui aan op die bankstaat: "seekamp".

 

Screen Shot 2018-10-30 at 10.25.12 AM.jpg

Don’t tell them Jesus loves them, ‘till you are ready to love them too . . .

Screen_Shot_2019-10-29_at_10.49.18_AM.jpg

 

meer inligting: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / 0844777123 / 0716064545