Jaco Strydom is 'n skrywer en die leier van Echo Jeugontwikkeling ('n organisasie sonder winsoogmerk met o.a. 14 huise vir jongmense in nood) en is deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Meer 200 van sy artikels en rubrieke het deur die jare verskyn in Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media, Taalgenoot en Weg en hy is 'n gereelde blogger: Aanderkant die doringdraad.
Jaco het onder andere 'n tyd lank in Indië gewoon en is van die oortuiging dat gereelde afsondering in die natuur net so belangrik is as om in gemeenskap te lewe. Een van sy stokperdjies is roei, hy onderneem deur die jare 'n aantal solo-reise na afgelëe plekke met sy kayak (hy roei byvoorbeeld solo vir meer as 'n maand lank vanaf Vaaldam tot by die see, ook talle soortgelyke reise na plekke in Transkei, Mosambiek, Tanzanië, Noord Pakistan, Andaman eilande . . .).
Jaco Strydom het in Randburg gematrikuleer en gestudeer by die Noord Wes Universiteit en die Universiteit van Pretoria, hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villieria, Pretoria.
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
English summary:
Jaco Strydom is an author, adventurer and the founder of ECHO Youth Development, a nonprofit organisation in South Africa with 14 community homes for youth in need. He lives in the Echo community in Pretoria.
Jaco Strydom op RSG oor die Echo gemeenskap
Ander boeke
@ Exclusive Books, Bargain Books, C.U.M. boeke, Grounded at Echo, Takealot . . .
Think out of the box, dream, speak out, criticize and protest if necessary . . .
but more important, create what you wish existed.
- Jaco strydom
Die alternatief vir krummels-gooi vir die armes
is nie om brode te gooi nie, maar om 'n maaltyd te deel
- Jaco strydom
BLOG
Die see is my terapeut. Ek het onlangs vir meer as 'n week lank om Zanzibar geroei - en nou voel ek beter. Maar moenie 'n fout maak nie, dit was alles behalwe “'n gemaklike sessie”. Die springgety het my byvoorbeeld een aand gevang met die gevolg dat ek die nag op 'n rif in die middel van die see tussen twee eilande moes deurbring. Dit was koud, want ek was nat en die wind was wild. Om alles te kroon, ontdek ek'n gat in een van my waterdigte sakke. Ek het binnein my nat opblaas kajak gelê en bewe en amper niks geslaap nie. Nie 'n lekker aand nie! Maar 'n goeie aand. Ek het klein gevoel, dit was donkermaan, die sterre beautiful, die water swart met nou en dan 'n strepie fosfor. Die volgende oggend toe die son opkom was die see mooier as wat ek haar al ooit gesien het. Sy lyk waarskynlik dikwels so, het ek gedink, maar vir eenkeer was ek op die regte plek, ongemaklik genoeg, wakker genoeg, om dit met my eie oë te kon sien, en te waardeer. The comfort zone doesn’t have much of a view . . .
Jaco Strydom blog: Anderkant die doringdraad
Artikels
Klein genoeg vir groot impak
Lesse by my ghoeroes (Kerkbode)
. . . want alles draai mos om my - en my mense . . .
The Intention and the Community in Intentional Community
Liefde vra meer as liefdadigheid (Beeld)
From Charity to Community . .
Die illusie van “goeie teologie” (Rapport)
'n Reguit hou met 'n krom stok (Finesse)
Van jeugbewaring na jeugbeweging...(Kerkbode)
As die rykes moan, wat moet die armes doen? (Maroel Media)
Die sondes van kerkmense (Beeld)
Sê nou die Christene sou vir Jesus volg (Beeld)
Quotes
“Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee sonder om dit vir die wêreld te gee nie.”
"Let your community be your testimony."
"'n Kerk wat probeer floreer is met ander vrae besig as 'n kerk wat,
soos Jesus, haar lewe probeer gee vir 'n stukkende wêreld."
"To grow, we need authentic sharing community and we need true contemplative solitude,
most people are afraid of both - andratherchoose to live somewhere in the mediocre middle"
“As jy ’n volgeling van Jesus is en jy wonder hoe God se plan vir hierdie stukkende wêreld lyk, neem ’n selfie.”
"Toe sien ek, die ou tannie met die swak teologie wat drie weeskinders in haar plakkershuis inneem,
doen meer as sewe goeie teoloë . . ."
"Dis drome van rykdom wat ons arm maak . . ."
"Moeilikheid is ons besigheid!"
“Think out of the box, dream, speak out,
criticize and protest if necessary . . . but more important, create what you wish existed.”
“We have the most to learn from those who are different from us”
"Entitlement is always bad,
but never as bad as when those in power cry victim"
“n Welgestelde kerktannie het sekerlik iets om te gee
vir ’n oumatjie in die plakkerskamp wat na ’n klomp weeskinders omsien.
Maar sy het veral baie om by haar te leer.”
“We make the choice . . . and then the choice makes us”
"We'd rather look better and feel better, than become better
- this is the great compromise that keeps us from growing spiritually"
“Een van die kerk se grootste uitdagings in die poging om ’n vredemaker te wees,
is om ruimte te skep vir konflik. As ons regtig wil luister (en hoor), sal ons moet leer
om nie net spanning te probeer oplos nie, maar ook om spanning te verdra.”
"That it is nobler to suffer than to inflict suffering, is the most difficult and profound Jesus Idea"
“Jesus het nie gekom om ons in te perk nie, maar te bevry. Nie om ons te beskerm teen die wêreld nie,
maar juis om ons in die wêreld in te stuur. Die wêreld is so min die vyand van die kerk
as wat die see die vyand is van vissermanne.”
“Niks is ewig nie...maar skryf hou so bietjie langer as praat”
"We may not practice what we preach but we do preach what we practice
- every single day in every possible way"
“As Paulus ’n rassis was, was nie een van ons vandag ’n Christen nie.”
". . . been wondering: if the gospel we preach these days is so popular amongst the rich and the powerful,
are we telling them the whole story?"
"Mystery is no enemy to the believer it can fill us with wonder, one of the most beautiful manifestations of faith"
"Ons vrees vir kaal-wees weerhou ons daarvan om die tuin van Eden in ons tyd te ontdek
– om uit te vind hoe min ons eintlik nodig het om gelukkig te wees."
"We should be busy with 2 things: loving others and making it easy for others to love us"
“Van nature streef ons daarna om goed te lyk en goed te voel,
eerder as om goed te wees en beter te word. Die meeste van ons energie gaan dan daarin
om te beïndruk of te verdoof, eerder as om te groei.”
"People to often say 'justice' but mean 'revenge' "
“It is good theology to love people with bad theology”
"I’m no less a hypocrite, but I see things . . ."
“We need a change of attitude, because lets face it, no one’s going to change color”