• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

jaco strydom,

  • Die kerk en mag - in die tyd van Zuma

     

    'n Mens hoor dikwels hoe iemand sê, “as ek net een dag ryk is” of “as ek eendag ʼn belangrike posisie beklee,” dan gaan hy/sy dit of dat doen om die wêreld ʼn beter plek te maak. Ook in die kerk kry ons die gedagte: dat die Afrikaanse kerke in Suid-Afrika byvoorbeeld al minder van ʼn rolspeler is, omdat sy toenemend minder mag het onder die ANC regering (anders as in die tyd van die NP), want ʼn mens het posisie en mag nodig as jy verandering wil sien. Reg? Nie noodwendig nie.

    Die Amerikaanse sosioloog, Tony Campolo, vertel die verhaal van ʼn stad in Amerika waar daar ʼn inrigting vir geestelik gestremdes was. ʼn Groepie mense het die visie gehad om van die pasiënte met ʼn goeie prognose te herintegreer in die gemeenskap deur ʼn paar huise te ontwikkel in residensiële woonbuurte.

    Die inwoners was woedend. Hulle hou toe ʼn vergadering in die stadsaal. Die plek was stampvol. ʼn Verteenwoordigende raad het voor op die verhoog gesit. Na die voorsitter ʼn klomp besware aangehoor het, het hy voorgestel dat hulle tot stemming oorgaan. Soos jy jou kan indink was die stem oorweldigend teen die beplande huise.

    Hulle was net reg om huis toe te gaan toe daar skielik ʼn roering agter in die saal is. Almal het omgekyk. Hulle kon hulle oë nie glo nie. ʼn Vreemde stilte het oor die plek toegesak.

    Moeder Theresa was op ʼn besoek in die stad. Sy was laat en het amper die vergadering gemis. Die mense het haar dadelik herken, díe stokou, klein, geplooide vroutjie wat stadig met haar kromgetrekte rug tussen hulle deurstap. Moeisaam het sy opgeklim teen die trappe van die verhoog en op haar knieë gaan staan voor die raadslede. Sy het met ʼn sagte stem gepleit en gevra of hulle nie asseblief weer sal stem nie.

    Die voorsitter het oor die mikrofoon vir die inwoners gesê van moeder Theresa se versoek.

    Hulle het weer gestem en die keer is daar eenparig besluit dat die ontwikkeling van die huise vir die gestremdes kan voortgaan. In elke koerant was daar glo die volgende oggend ʼn berig oor die vreemde voorval. Niemand kon dit glo nie - maar niemand het gewaag om die nuwe voorstel te beveg nie.

    Na Campolo die storie vertel het vra hy die vraag: Wat is dit wat aan ʼn klein, kromgetrekte ou vroutjie met ʼn sagte stem soveel outoriteit gee?

    Na aanleiding van navorsing in die sosiologie maak hy dan ʼn saak uit vir die verskil tussen klassieke magstrukture en hierdie vreemde vorm van outoriteit.

    Die twee grootste magstrukture is politieke mag en ekonomiese mag. In kontras hierteenoor staan hierdie vreemde outoriteit wat kom deur selfopoffering en diens.

    Waar mense aan magstrukture MOET antwoord - anders is daar moeilikheid - het hierdie vreemde outoriteit ʼn ander tipe invloed. Dit gaan nie soseer oor wat ʼn bepaalde persoon sê, of hoe hy of sy dit sê nie, maar eerder oor hoe die een wat dit sê, leef.

    Die vroeë kerk was ʼn goeie voorbeeld hiervan. Die historiese sosioloog Rodney Stark wys in sy boek, The Triumph of Christianity, hoe die vroeë kerk haarself dikwels in tye van totale magteloosheid bevind het. Maar ook dat dit juis vanuit hierdie posisie van solidariteit met die weerloses is, vanwaar sy met ongekende spoed gegroei het (van ʼn paar duisend tot twintig miljoen in die eerste drie eeue), sonder enige politieke of ekonomiese mag of status.

    Die kerk was selde in die verlede goed met mag, sy is op haar beste ʼn bediende!

    Dit is goeie nuus vir die magteloses, maar wys ook op die ongelooflike outoriteit wat iemand wel met politieke en ekonomiese mag skielik het, wanneer hy/sy eerder kies vir ʼn lewe van selfopoffering en diens.

    Ek het die aankondiging van die nuwe Pous verlede jaar op die TV dopgehou. Dit was baie interessant om te sien wat die sekulêre media daarvan gemaak het. Oor een ding kon CNN, die BBC en selfs Aljazeera, nie uitgepraat raak nie. Oor en oor het joernaliste met oë wat flikker van verwondering vertel dat hierdie pous ʼn nederige man is. Dat hy in ʼn eenvoudige woonstel gewoon het as kardinaal. Dat hy nie met die Limousine gery het nie maar saam met die ander met die bus. Dat die nuwe pous iemand was wat homself met die armes vereenselwig het en dat hy deur sy lewe dikwels opgestaan het teen sosiale ongeregtigheid.

    Ek weet nie of hy so goed is soos almal sê nie, maar die reaksie van die media wys daarop dat die wêreld vreemde outoriteit gee aan ʼn leier wat omgee vir weerloses en ʼn reputasie het van selfopoffering en diens.

    Mense luister eenvoudig eerder na iemand wat omgee.

    Die Russiese skrywer Leo Tolstoy het in die laaste derde van sy lewe heelwat geskryf oor die beginsel dat boosheid nie met boosheid oorwin kan word nie; dat ʼn mens mag nie met mag beveg nie, maar juis in die "teenoorgestelde gees". Hy was amper obsessief oor die bergprediking, veral Matt 5:38-48 waar Jesus sê dat ons ons vyande moet liefhê en dien.

    Vreemd genoeg was dit die Hindoe leier, Mahatma Gandhi wat Tolstoy se interpretasie van Jesus se woorde ernstig opgeneem het. (Gandhi het dikwels na homself as ʼn dissipel van Tolstoy verwys en selfs ʼn “Tolstoyan Community” net buite Johannesburg bedryf). Later sou die woorde van Jesus soos beskryf deur Tolstoy in sy boek, “The Kingdom of God is within you,” ook groot impak hê op die denke van mense soos Martin Luther King en selfs Nelson Mandela.

    Selfs die magtiges kan impak hê, as hulle bereid is om te dien!

    Ek het al gewonder, sou Julius Malema ʼn paar jaar gelede sy huis in Sandton verlaat en sy politieke agenda dryf, uit ʼn plakkershuis, of hy nie skielik ongekende outoriteit sou hê nie - en of enige iemand hom dan kon stop - maar toe kies hy eerder die pad van politieke en ekonomiese mag . . .

    By baie Afrikaanse kerkmense hoor jy vandag stemme dat hulle magteloos voel. Dat die nuwe magsisteme in die land hulle al meer marginaliseer. Wat natuurlik nie heeltemal waar is nie, want al het die Afrikaner vandag kwynende politieke mag, is ʼn groot klomp ekonomiese mag steeds in hulle hande - ons is steeds die base op die plase en besit steeds ʼn reuse klomp besighede en eiendom in hierdie land. Hoe dit ook al sy . . . of ons nou mag het of toenemend magteloos voel, as ons vir Jesus volg en ons wil verandering sien sal ons moet leer om te dien.

    Daar is dinge wat nie met ekonomiese krag en politieke mag reggebuig gaan word nie, dit gaan “reg gedien” moet word. Van onder af.

    Jesus self het gesê: "Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense." (Matt 20:24)

    Miskien berus te veel van ons hoop (of wanhoop) in Suid-Afrika op ons verwagtings van die politici en ekonomie? Is dit waar ons hulp vandaan kom?

    Natuurlik moet ons bid vir die mense in magsposisies - ons moet veral bid dat hulle minder bewus sal wees van hulle status en meer bewus van hulle verantwoordelikheid tot diens ten opsigte van hierdie land en sy mense. Dalk moet ons bid dat hulle Jesus se voorbeeld sal volg en ook ʼn bietjie afkom aarde toe.

    As die Evangelie dan die beste gekommunikeer word, nie vanuit ʼn posisie van mag nie, maar vanuit ʼn posisie van weerloosheid, is die Suid-Afrika van vandag dalk toenemend 'n ideale plek om te probeer kerkwees!

    Nou die dag lees ek in ʼn koffiewinkel op ʼn kaartjie die volgende woorde: “As ʼn groot klomp mense elkeen iets kleins doen sal die hele wêreld verander.” Ek het amper geval daarvoor, maar toe ek bietjie dink besef ek dat Jesus presies die teendeel gesê het.

    Hy het gesê: “As ʼn klein groepie mense alles gee - hulleself gee - sal die hele wêreld vernader.” Hoe vreemd is die boodskap van die evangelie nie!

    Dis goeie nuus! Want sou dit so wees dat net die magtiges impak kon hê was die potensiaal vir positiewe verander gereserveer vir ʼn baie klein groepie bevoorregtes. Was dit so dat ʼn mens baie moes hê om gelukkig te wees, sou lewensgeluk vir min mense moontlik wees. Maar nou kom sê Jesus, daar is outoriteit in selfopoffering en diens; en lewensgeluk lê daarin om te gee eerder as om te ontvang.

    Skielik is die grond gelyk want almal, ryk en arm, magtig en weerloos kan dien. Almal kan gelukkig wees want almal kan gee, van Sageus die hooftollenaar tot ʼn paar eenvoudige vissermanne.

    Dalk is die hele idee van baie Afrikaners dat ons deur God geroep is om "te heers in Afrika", waar ons die groot fout maak? Ons is eerder geroep om onsself te gee en haar te dien! Veral as ons onsself volgelinge van Jesus noem.

       Die duidelikste voorbeeld van verandering deur selfopoffering en diens - van hierdie vreemde vorm van outoriteit - is natuurlik Jesus self, en een van die beste opsommings daarvan is geskryf deur Paulus in Fil 2:5-11:

    "Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word . . ."

    (Beeld Rubriek)

     

     

    Jaco Strydom

     

     

     

     

     

     

     

     

     

     

    READ MORE
  • Jaco Strydom
    Jaco Strydom

     Screen_Shot_2016-04-29_at_9.44.12_AM_copy.jpg

    Quotes:  

    “Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee sonder om dit vir die wêreld te gee nie.”

    "To grow, we need authentic sharing community and we need true contemplative solitude, most people are afraid of both - andratherchoose to live somewhere in the mediocre middle"

    “As jy ’n volgeling van Jesus is en jy wonder hoe God se plan vir hierdie stukkende wêreld lyk, neem ’n selfie.”

    "Moeilikheid is ons besigheid"

    “Think out of the box, dream, speak out,
    criticize and protest if necessary . . .
    but more important, create what you wish existed.”

    “We have the most to learn from those who are different from us”

    “n Welgestelde kerktannie het sekerlik iets om te gee vir ’n oumatjie in die plakkerskamp wat na ’n klomp weeskinders omsien. Maar sy het veral baie om by haar te leer.”

    “We make the choice . . . and then the choice makes us”Screen Shot 2018-02-27 at 7.50.44 AM.png

    "We'd rather look better and feel better, than become better - this is the great compromise that keeps us from growing spiritually"

    “Een van die kerk se grootste uitdagings in die poging om ’n vredemaker te wees, is om ruimte te skep vir konflik. As ons regtig wil luister (en hoor), sal ons moet leer om nie net spanning te probeer oplos nie, maar ook om spanning te verdra.”

    "That it is nobler to suffer than to inflict suffering, is the most difficult and profound Jesus Idea"

    “Jesus het nie gekom om ons in te perk nie, maar te bevry. Nie om ons te beskerm teen die wêreld nie, maar juis om ons in die wêreld in te stuur. Die wêreld is so min die vyand van die kerk as wat die see die vyand is van vissermanne.”

    “Niks is ewig nie...maar skryf hou so bietjie langer as praat”

    "We may not practice what we preach but we do preach what we practice
    - every single day in every possible way"

    “As Paulus ’n rassis was, was nie een van ons vandag ’n Christen nie.”

    ". . . been wondering: if the gospel we preach these days is so popular amongst the rich and the powerful, are we telling them the whole story?"

    "Mystery is no enemy to the believer it can fill us with wonder, one of the most beautiful manifestations of faith"

    "Ons vrees vir kaal-wees weerhou ons daarvan om die tuin van Eden in ons tyd te ontdek – om uit te vind hoe min ons eintlik nodig het om gelukkig te wees."

    “Die teologie het deur die eeue ’n manier om vir die teoloog belangriker te word as mense. Dit is ironies, want Jesus het sy lewe gegee vir mense"

    "We should be busy with 2 things: loving others and making it easy for others to love us"

    “Van nature streef ons daarna om goed te lyk en goed te voel, eerder as om goed te wees en beter te word. Die meeste van ons energie gaan dan daarin om te beïndruk of te verdoof, eerder as om te groei.”

    "People to often say 'justice' but mean 'revenge'"

    “It is good theology to love people with bad theology”

    “We need a change of attitude, because lets face it, no one’s going to change color”

     

    Jaco Strydom is die leier van die Echo Jeugontwikkeling ('n Organisasie sonder winsoogmerk met o.a. 13 huise vir jongmense in Nood) en is deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Hy is 'n rubriekskrywer vir verskeie publikasies. Meer 200 van sy artikels en rubrieke het die afgelope vyftien jaar verskyn in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media, Taalgenoot en Weg. Hy is 'n gereelde blogger (besoek sy blog: "Aanderkant die doringdraad"). Sy boek Confessions oor Kerkwees is in 2018 gepubliseer.

    Jaco het vir 'n tyd lank in Indië gewoon en was betrokke by verskeie projekte in Suid-Asië en Afrika.

    Een van Jaco se stokperdjies is roei, hy onderneem deur die jare 'n aantal solo-reise na afgelëe plekke met sy kayak (onder andere  solo vir meer as 'n maand lank vanaf Vaaldam tot by die see, ook talle soortgelyke reise na afgelëe plekke in Transkei, Mosambiek, Tanzanië, Noord Pakistan, Andaman eilande . . .).

    Hy is van die oortuiging dat gereelde afsondering in die natuur net so belangrik is as om in gemeenskap te lewe.

    Jaco is getroud met Marina en hulle het twee dogters, Katinka en Mathilda. Hulle woon tans, saam met ses ander mense, in Villieria, Pretoria. Jaco het in Randburg gematrikuleer en daarna gestudeer by die Noord Wes Universiteit en die Universiteit van Pretoria. 

     

    B l o g

    Screen_Shot_2019-08-10_at_10.01.55_PM.png
     
        This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  


    Artikels:

    Klein genoeg vir groot impak

    . . . want alles draai mos om my - en my mense . . . Screen Shot 2019-03-09 at 12.15.34 PM.jpg

    The Intention and the Community in Intentional Community

    Liefde vra meer as liefdadigheid (Beeld)

    From Charity to Community . . .

    Die illusie van “goeie teologie” (Rapport)

    'n Reguit hou met 'n krom stok (Finesse)

    Van jeugbewaring na jeugbeweging...(Kerkbode)

    As die rykes moan, wat moet die armes doen? (Maroel Media)

    Wie is die “geringste van hierdie broers” in Mattheus 25:31-46 nou eintlik?                                                                Reguit hou met 'n krom stok (2018 Witrivier)

    Die kerk en mag - in die tyd van Zuma (Beeld)

    Christene en die Donald Trump Evangelie (Beeld rubriek - unedited)

    Die sondes van kerkmense (Beeld)

    Sê nou die Christene sou vir Jesus volg (Beeld)

    Die Jesus van wie die Sondagskooltannie my nie vertel het nie (Beeld)

    Skatryk kerke in 'n brandarm wêreld 

    Groeiende vryheid in die kerk doen meer goed as kwaad (Beeld)

    Die skoolhoof se vreemde woorde (Beeld)

    'n Swakkerige getuienis  (Maroela Media)

    Mag n Christen n Tattoo kry?

    Is al die goed nie veronderstel om die lewe makliker te maak nie? (Kerkbode)

    Kerkooms (en tannies) se beheptheid met sinodale beheer

    'n Minder vervelige Sondag

    Jesus in my nagmerrie

    Die droom wat my vandag nog bietjie uitfreak

     

     574646_10152040241283767_1107883373_n.jpg

     

     

     

     

     

     

     DjvKgd8WwAIRqIN.jpg

    Lesse by my ghoeroes 

    Shane Claiborne

    Heidi Baker13681014_1302737773084833_22785612640297561_n.jpg

    Die vreemde vrou se trane 

    Living it! - Sané Lötter

    Die vryheid van die nonne van Kalkutta

     

    BEELD: Proust vrae aan Jaco Strydom

    Vaaldam tot Alexanderbaai solo roeitrippie(Artikel in WEG)

     

          twitter.jpg

     

            Jaco Strydom:

            Dromer @ Echo Jeugontwikkeling
            Rubriekskrywer, Beeld,
    Finesse,Maroela Media
            B
    logger -Andekant die doringdraad...
            Deeltyds predikant in Villieria 

            Studeer by Pukke en Tuks

           Kontak hom by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

     

     

    Screen_Shot_2016-04-29_at_9.44.12_AM_copy.jpg 

     ECHO_logo_transp_small_copy.png

    READ MORE
  • Sê nou die Christene sou vir Jesus volg

     

    Dis nie maklik om Jesus te volg nie. Daar is 'n Engelse spreekwoord wat sê: “If we don’t practice what we preach, we tend to preach what we practice”. Dit gebeur vandag. Daar word te dikwels deur kerkmense net gefokus op die makliker dinge wat Jesus gesê het.
      Maar sê nou ons sou die spanning van ons eie skynheiligheid vir 'n oomblik verdra en Hom vat, rou sonder die soet kerksousie, so vry en moeilik soos die vier Evangelies Hom vir ons gee.
      Hy het vreemde goed gedoen.
      Jesus het byvoorbeeld 'n groter probleem gehad met godsdienstiges as met sondaars.
      In die antieke Joodse konteks kon jy mense letterlik in een van twee groepe indeel, die klassieke godsdienstiges (Fariseërs, Sadduseërs, Esseners, Selote . . .) en die klassieke sondaars (tollenaars, prostitute, Samaritane, Romeine . . .). Die twee groepe het die uiterstes op die morele skaal verteenwoordig. Tog was al die argumente wat Jesus gehad het met die godsdienstiges en nie met die sondaars nie. Hy het deurentyd empatie gehad, met die vrou wat in owerspel betrap is, die tollenaars en selfs die besetenes. Soveel so dat hy “'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van sondaars,” genoem is (Matt 11:19).
      Toe Jesus die tafels omgooi was dit nie by die drinkplek of by die bordeel nie, maar by die tempel. Hy eet saam met tollenaars, gaan tuis in 'n Samaritaanse dorpie en sê van 'n Romeinse offisier: “In die hele Israel het ek niemand met groter geloof gesien nie”.  Die godsdienstiges van sy tyd was ontsteld omdat Hy genade gehad het vir mense wat in die uit-groep was, mense wat nie welkom was by die tempel nie.
      Dis nog niks, Jesus het ook ’n groter probleem gehad met die rykdom as met die armoede - konsekwent volgens al vier evangelies. Dis in sterk kontras met ons wêreld, waar armoede gesien word as die probleem en rykdom as die groot antwoord.
      Dink maar aan die ryk jong man, die gelykenis van die ryk man en Lasarus, die arm weduwee, Jesus se uitsprake oor Mammon en sy oproep dat sy volgelinge hulle nie moet bekommer oor wat hulle gaan eet of aantrek nie, dat hulle by die lelies en die voëltjies moet leer en eerder op God vertrou en sy koninkryk eerste soek.
      Kan jy dink hoe die wêreld sou lyk as die 2,2 biljoen Christene vandag ernstig was oor die lewensstyl wat Jesus voorgehou en nie net die feit dat Hy gesterf het nie (wat ook belangrik is).
      In 'n wêreld met soveel Christene sou Jesus se idees rondom 'n eenvoudige lewensstyl, waar ons nie “skatte op die aarde bymekaar maak nie”, ’n enorme effek op byvoorbeeld ekologiese krisis kon hê - die teendeel is egter waar.
      Vir kerkmense gaan die Christen geloof dikwels in die eerste plek oor hoe ons ons geloof verwoord. Jesus het egter meer gepraat oor hoe ons moet lewe as oor wat ons moet glo. As Jesus vir die ryk jong man sou sê, “bid net gou saam met my die sinners-prayer,” het hy dit waarskynlik gedoen.

     

    Beeld rubriek  12/10/2015

    Jaco Strydom

     

     

     

     

     

     

     

     

     

     

     

    READ MORE