• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Hoeveel kos Jou hande?

 

In elke oggend is Jy nuut in my oë,

As Jou vel glinster en Jou hande weer pyn.

Ek verloor Jou in my hart.

Wat voort gaan sonder geheue

Wat vergeet wat ek doen en onthou,

En Jou van albei kan vertel.

Jou asem is my hele lewe,

Sonder dit sou ek sterf.

Ek sou terugtrek en veras,

Ek sou myself sonder dit wou vermoor.

Ek lê in die midde van Jou ribbes en longe,

En rus my hoof aan die voorkant van Jou hart.

En dit klop sag maar stewig teen my wang,

En dit tril deur my vel, soentoe na my siel.

‘n Warm gevoel wys my oë af en ek kyk,

Ek sien daar die bodems van al Jou seer,

In koue swart skakerings rond gegooi,

En my trane is bloed en aar en tog net ‘n traan.

Wat verewig vir jou stil hartklop sal treur.

In elke oggend is Jy nuut in my oë,

As ek sien hoe Jy opstaan en aanhou veg vir dit

Wat Jou laat sterf het, wat Jou verniel het.

En ek, ek verloor Jou in my hart.

 

♥ Tassha