• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Die ring

Die ring dra swaer
aan leë beloftes
en voluit leuens
die ring
is niks
maar metaal en steen.

Die ring dra swaer
aan gesteelde tye
en geroofde individualiteit
die ring
is 'n vooreg
maar ook 'n mors van tyd.

Die ring dra swaer
aan iets wees
wat mens nie is
die ring
vat jou hand
en bederf jou lus.

Die ring dra swaer
aan woorde vaslé
en sweer voor die dood
die ring
is skelm
en skuldig aan moord.

Die ring dra swaer
aan verlore drome
en gebreekte steen
die ring
is niks
maar 'n voluit leuen.

 ♥Tassha