• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

My vuil blou hart

Ek troos jou seer
in my vuil blou hart
en bly verleë
in jou ontydige smart.
Ek haal my hand af
vanaf jou herinnering
en maak my doof
as ek jou hoor sing.
Ek skud my kop
en verloor my moed
en dan wens ek my dood
ek en my bloed.
Ek tree terug in donker
en val so seer
as ek sien jy lag
en ek bly treur.
Ek brand my hande
in sonde se vuur
en krap jou gesig af
wat sit op my muur.
Ek rus my kop
op ‘n kussing wat ruik na jou
en troos jou seer
in my vuil hart se blou.

♥Tassha

 

 

 

'N MINDER VERVELIGE SONDAG