• This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  •  +27 12 331 2341

Ingrid

 

(vir Ingrid Jonker)

 

‘n Klem op jou tong

en getreurde hart

sing ek oor jou dors

na ‘n volmaakte smart.

Daar op Drieankerbaai

stroom daar nog jou lyf

jou diep bruin oë

in die see geskryf.

 

‘n Stem in jou trane

was oor die sand

en die wind vra jou nog

vir jou bitter hand.

Daar in die winter

van ‘n donker nag

staan ‘n duisend woorde

stil en wag.

 

‘n Lem in jou moed

groet my vanaand alweer

en ek proë in my mond

jou asem van seer.

Ek staan in my liggaam

en sien jou gesig

as die see opkom

bring hy jou terug.

 

♥ Tassha