MATLALA

Loving & Learning

Screen Shot 2017-08-01 at 11.03.31 AM copy.jpg

MATLALA 2019   14 Junie - 23 Junie  R1200

 

Screen_Shot_2014-09-3k0_at_9.35.24_AM_copy_3.png

 

 

Meer as 140 jongmense 10 dae in die boendoes . . .
ʼn Blootstellingsgeleentheid vir jongmense waar hulle leer omgee en dien

 

Die uitreik is uniek in die sin dat 'n groot deel van die uitreikgroep bestaan uit jongemense wat self  uit 'n nood agtergrond kom - jongmense uit ons Echohuise, 'n skuiling vir straatkinders, 'n kinderhuis en plaaslike jongmense.

Die idee is om hierdie jongmense te help om te ontdek dat hulle ook 'n verskil kan maak. Dat die Jesus-beginsel van “gee maak ʼn mens gelukkiger as ontvang” ook vir hulle geld.

Die eerste naweek word daar gefokus op opleiding en spanbou. Daarna kry jongmense en studente die geleentheid om in een van vele diensspanne te werk.

 

Echo Jeugontwikkeling is al afgelope 18 jaar betrokke in die Matlala gemeenskap (40km buite Marble Hall).

 

Wat kort ons nog?

1 - Borge vir nog 56 jongmense (R1200 per persoon)

2 - Bouprojekte: sement (25 sakke), sinkplate, grawe, pikke, skoffels, houtbalke . . .

3 - Vir ons uitreik na weduwees, bejaardes en ander weerlose mense in die Matlala gemeenskap: komberse, kos, klere, meubels, matrasse . . .

4 - Tente, matrasse, gaslampe en ander kampgoedindfdfex_ckopy.jpg

5 - Kos vir die span: 3 etes 'n dag vir 140 mense (meel, rys, maalvleis, brood . . . enige skenking help!)

 

  Bankbesonderhede:

  ECHO Jeugontwikkeling
  4054416249
  ABSA (TJEK)
  Tak: 632005

Indien jy ʼn kind wil borg kan jy ʼn internetbetaling

doen met verwysing “Matlala”

 

Kontak ons gerus indien jy 'n artikel 18A belasitngsertifikaat verlang: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

Screen_Shot_2015-05-19_at_10.17.16_PM.png

 

Ek gaan nie jok nie, die Matlala-uitreik was seker die hardste wat ek nog OOIT gewerk het, maar die resultate wasTOTAAL die moeite werd! Ek het die mees amazingste mense ontmoet (en vriende om te hou), daar was geenouderdom- of rasgrens nie, ek het ure lank tyd spandeer saam met pastore en leiers wat meer as bereid was om hulle wysheid met my te deel en my te bemoedig. Die plaaslike mense was opgewonde om oor Jesus te hoor en wou nie hê onsmoes terug gaan huitoe nie. Die Hereraak jou oral aan, in die township en in die kampterrein, die Here het sy mag en liefde aan ALMAL op die kamp bekend gemaak. Prys die Here vir ECHO in my lewe.

- Peter

Dit was vir my so 'n amazing belewenis gewees! Die gevoel van gemeenskap wat ek beleef het op Matlala kan ek nie in woorde besryf nie. Liefde vir jou naaste word ‘n realiteit, oordeel en verdeeldheid val weg. Wat ‘n belewenis om "net te kon wees” sonder voorbehoud. Dit is wonderlik om die verskillende ouderdomme en kultuurgroepe te sien saamwerk, met God as skakel. Die woorde “we can learn most from those the most different from us” was dwarsdeur prakties toegepas. Wanneer ‘n mens se oogklappe afgehaal word is dit onmoontlik om weer dieselfde na die wêreld te kyk. Ek is opgewonde en hoopvol om te sien hoe die liggaam van Christus nuwe grense breek.

- Nadine

 

Screen_Shot_2015-05-19_at_10.22.10_PM.png

 Kontak ons: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. / 0828281120 / 0844777123

 

 

 

 

 

Van jeugbewaring na jeugbeweging...

As die rykes moan, wat moet die armes doen?

The Intention and the Community in Intentional Community

Die kerk en mag - in die tyd van Zuma (Beeld)

 

 

 

Borg 'n kind in een van die ECHO-Huise